Of dit jou eerste of eenhonderdste besoek aan die Krugerwildtuin is, dié omvattende gids hoort in die bakkie se cubby hole. Ons het die Kruger plátgery, en wys jou waar om te bly (kamp en selfsorg), watter paaie om te ry, hoe en waar om die diere te vind én die beste plekke om die Groot Vyf te sien. Jy…
Ons kraakvars spesiale Namibië-uitgawe is nou beskikbaar. En dis tjokvol reisplanne (‘n toer deur die Noorde en Angola), doendinge (hengel op Henties, stap die Naukluftroete, verken duine…), grensinligting, blyplekke, kaarte, natuurfoto’s en nóg lusmakertjies. Skaf die tydskrif aan en beplan daardie vakansie – die ooptes roep!