WEG! TJIRPIE 2-SPEELKAARTE

R139.00

Die 3-in-1-speletjie! Kry die gesin bymekaar, want Tjirpie 2 het ’n speletjie vir Klein-Piet, Ousus én die grootmense.

Vir ouer kinders is daar ’n nuwe uitdagende kaartspel waar hulle ’n voëlreservaat met ’n verskeidenheid voëls moet vestig. Spelers ruil kaarte uit om die beste voëlpakkies te skep. Hoe meer uiteenlopend, skaarser of bedreig jou voëls hoe gewilder jou reservaat – Julle gaan beslis julle grysstof gebruik. En deurgaans leer jy meer oor voëls, hulle rol in die natuur én hoe jy kan help met hulle bewaring.

Die jonges kan gewoon Top Trumps-kaarte (met ’n kinkel of twee) daarmee speel. Of vul julle Tjirpie 1-pak aan en speel Top Trumps met baie kaarte. (Tjirpie 2 is gans nuwe kaartspeletjie – jy hoef nie noodwendig Tjirpie 1 ook te hê.)

 

Category: