Weg! Ry & Sleep Oorgids 2021

R100.00

As gevolg van verlede jaar se Covid-19-inperkingsmaatreëls kon ons vir die eerste keer beleef hoe dit voel om nié te mag kamp nie. En hoewel dit nie lekker was nie, het dit wel ’n positiewe nadraai gehad: ’n Mens voel nou skoon uitgehonger om jou woonwa te haak en weer te mik na jou gunstelingkampplek. Of dalk is dit sommer ook tyd om ’n nuwe kampplek te probeer. Dit is net hier waar jy maklik geholpe sal raak met 2021 se Oordgids. Ons begin met 50 bestemmingsoorde reg oor die land – en vanjaar sluit ons ook twee van Sanparke se gewildste reservate in. Dus 80 uitgesoekte kampplekke in Suid-Afrika plus 20 van ons lesers se gunstelingoorde.

Category: