Weg! Namibië 2020 Reisgids

R100.00

Category:

Description

Ons 2020-Namibië-reisgids is nou beskikbaar! Beplan solank jou Namibië-vakansie. Nou beskikbaar teen R100.

In dié jaar se gids: Ons gesels met Emsie, ’n hiëna-navorser, wat al 18 jaar in die woestyn woon en werk. Ons ontmoet ook die mense van die kunsdorp Omaruru en kuier langs drie riviere, die Kavango, Kwando en Zambesi. Evan Naude ry met ’n gewone sedan tot in die Skedelkus- nasionale park én kamp by ses goeie-waarde-vir-geld-plekke net buite die Etosha- nasionale park. Terwyl Pierre Steyn al Swakopmund se beste restaurante en snuffelplekke besoek.

In dié gids maak ons jou reis nóg makliker. Dit bevat drie dubbelbladkaarte, wat elk ’n road trip aandui, met al die hoogtepunte van die streek.