Weg Mosambiek 2012

R40.00

In stock

Description

Alles wat jy wil (en moet) weet…
Ons spesiale Mosambiek-uitgawe help met beplanning sodat jy sommer binnekort al op ’n Mosambiekse strand kan lê.
Dink net: Verlate strande, lou blou seewater waarin jy die ganse dag kan dryf, hope garnale en 2M-bier.
Ja-nee, Mosambiek is een van Suider-Afrika se topbestemmings vir ’n seevakansie. Maar wat jy dalk nie weet nie, is dat dié land soveel meer bied, veral opwindende bosvakansies.
Weg Mosambiek beantwoord al die reisvrae wat jy het oor dié gewilde vakansiebestemming. Die uitgawe fokus op bekostigbare verblyf en gee ook puik idees vir vakansies verder noord, asook die
nodige inligting oor roetes, grensposte en paklyste.
Maak solank jou sommetjies… en kyk hoeveel verlof jy het!