2020/21 Botswana-kaartgids

R100.00

Beplan jy al daardie Botswana-vakansie? Kry ’n kopie van ons nuwe Botswana-gids. Hierdie gids bevat kaarte van al die land se parke en belangrike reservate, asook dorpskaarte van toeristeplekke soos Maun en Kasane. Die gids dek ook die aangrensende dele van Namibië (Caprivi) en Zim en Zambië rondom die Victoriawaterval – die breedvoerige akkommodasiegids dek al dié dele se beste kampplekke en lodges.

Ook in die gids: Die Kgalagadi-oorgrenspark, die Sentraal-Kalahari-wildreservaat, Megan Claase se avonture as wildehondnavorser in Moremi, Toast Coetzer se artikel oor die wilde plekke van die Caprivi en ‘n samevatting van doendinge tussen Vic Falls en Livingstone.

Nou op die rak teen R100!

Category: