Of dit jou eerste of eenhonderdste besoek aan die Krugerwildtuin is, dié omvattende gids hoort in die bakkie se cubby hole. Ons het die Kruger plátgery, en wys jou waar om te bly (kamp en selfsorg), watter paaie om te ry, hoe en waar om die diere te vind én die beste plekke om die Groot Vyf te sien. Jy…
Ons kraakvars spesiale Namibië-uitgawe is nou beskikbaar. En dis tjokvol reisplanne (‘n toer deur die Noorde en Angola), doendinge (hengel op Henties, stap die Naukluftroete, verken duine…), grensinligting, blyplekke, kaarte, natuurfoto’s en nóg lusmakertjies. Skaf die tydskrif aan en beplan daardie vakansie – die ooptes roep!
Weg-tydskrif se jaarlikse Stapgids is nou beskikbaar en propvol stories vir elke stapper – of jy nou daarvan hou om die gramadoelas in te vaar of eerder net met ’n ligte vraggie op jou rug strandlangs wil slenter. Kry vir jou ’n Stapgids en kies ’n roete vir ’n week in die wildtuin, ’n avontuur diep in die Drakensberg of…
Die 3-in-1-speletjie! Kry die gesin bymekaar, want Tjirpie 2 het ’n speletjie vir Klein-Piet, Ousus én die grootmense. Vir ouer kinders is daar ’n nuwe uitdagende kaartspel waar hulle ’n voëlreservaat met ’n verskeidenheid voëls moet vestig. Spelers ruil kaarte uit om die beste voëlpakkies te skep. Hoe meer uiteenlopend, skaarser of bedreig jou voëls hoe gewilder jou reservaat –…