Deur aan enige kompetisie of promosie deel te neem aanvaar deelnemers die reëls en onderneem om daarby te hou. Bepalings en voorwaardes is geldig en bindend vir enigiemand wat deelneem.
- Enige afwyking van die reëls en/of enige poging om die uitslag van kompetisies te manipuleer sal deelnemers onmiddellik diskwalifiseer.
- Waar kompetisies vereis dat inskrywings per SMS gestuur word kos elke SMS R1,50. Gratis SMS’e geld nie.
- Pryse is nie oordraagbaar nie en kan ook nie vir kontant geruil word nie.
- Slegs Suid-Afrikaanse burgers mag aan kompetisies deelneem.
- Werknemers van Media24 en hulle gesinne, asook werknemers van deelnemende borge, filiaalmaatskappye, advertensie-agentskappe en enigiemand wat by die promosies en kompetisies betrokke is, mag nie aan die kompetisies deelneem nie.
- Indien jy verskeie kere vir ‘n kompetisie inskryf, moet jy vir identifikasiedoeleindes dieselfde selfoonnommer en e-posadres gebruik.
- Die aflewering van pryse is die borge se verantwoordelikheid, en Media 24 sal nie aanspreeklik wees vir enige vertragings met die aflewering van pryse nie.
- Die beoordelaars kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir laat inskrywings nie, ongeag die rede vir die laat inskrywing. Media24 is nie aanspreeklik vir enige tegniese fout wat daartoe kan lei dat ’n inskrywing nie suksesvol voorgelê word nie. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir inskrywings wat onafgelewer is, verlore raak of vertraag word nie. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie.
- Kompetisie uitslae is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
- Pryswenners gee aan Media24 en die borge toestemming om hulle naam, besonderhede en foto’s na goeddunke en sonder enige verdere vergoeding vir publisiteitsdoeleindes te gebruik.
- Enige persoonlike inligting, insluitend en sonder beperking deelnemers se naam, adres, telefoonnommer en/of e-posadres, sal slegs gebruik word waar dit met ‘n kompetisie verband hou, en word nie aan enige derde party bekend gemaak nie, behalwe vir die doeleindes van ‘n kompetisie, waar van toepassing.
- Media24 behou die reg om die pryse vir enige kompetisie te wysig en met pryse van dieselfde waarde te vervang.
- Enige prys word op die wenner se eie risiko aanvaar, en Media24 en sy filiale is in geen stadium aanspreeklik vir enige gebrek of fout in die pryse van watter aard ook al nie.
- Wanneer iemand ’n prys wen en die besit en/of gebruik van daardie prys is onderhewig aan regulering of goedkeuring, moet die wenner in besit wees van watter dokumente en toestemmings/goedkeurings ook al vereis word om die prys te aanvaar en gebruik, en sulke dokumente, toestemmings of goedkeurings moet geldig wees vir die volle tydperk wat die prys gebruik word. Dit is die wenner se verantwoordelikheid om dié dokumente, toestemmings en goedkeurings te bekom en teen hulle eie koste.
- Media24 behou hom die reg voor om nié ’n prys toe te ken nie indien dit ’n onwettige situasie sou wees.
- Media24 sal pryswenners vir twee weke lank probeer kontak nadat hulle naam getrek is. Maar indien die wenner nie in dié tyd opgespoor kan word nie – of hulle is nie in staat om die prys binne die bepaalde tyd op te eis nie – verbeur hulle die prys, en behou Media24 dan die reg om ’n nuwe wenner te trek, onder dieselfde voorwaardes. Dit is die deelnemers se verantwoordelikheid om die regte kontakbesonderhede te verskaf.
- Deelnemers neem op eie risiko aan kompetisies deel en Media24 en enige derdepartyverskaffers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verlies, beskadiging of skade wat regstreeks of onregstreeks uit die deelname aan ‘n kompetisie spruit nie.
- Media24 het die reg om ‘n kompetisie onmiddellik en sonder kennisgewing te beëindig, verander of op te skort. In so ’n geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle ingevolge ‘n kompetisie kan hê en erken hulle dat hulle niks van Media24, sy agente en borge sal kan verhaal nie.
- Deur aan ‘n kompetisie deel te neem gee jy Media24 toestemming om van tyd tot tyd met jou te kommunikeer. Indien jy nie in sulke kommunikasie belang stel nie, het jy die reg om dit te weier.
KONTAKBESONDERHEDE / DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI
Indien u enige navrae het of toestemming wil verkry om enige gedeelte van hierdie webtuiste te gebruik, skakels, rame of soektogte ingesluit, kan u met ons in verbinding tree by:
Weg se adres:
Heerengracht 40, Kaapstad, 8000
Posbus:1802 Kaapstad 8000
8th Floor Media City
Kaapstad
Tel. +27 (0)21 446-1287
Tel. +27 (0)21 446-1014/6