WegRy #43 | Oktober 2012
WegRy #43 | Oktober 2012

WegRy #43 | Oktober 2012

R31


  • RYGOED Ons ry die Mazda BT-50, die duur VW California Kombi en die mooier Ssangyong Actyon
  • 4×4-AKADEMIE Kry jou 4×4-papiere op die WegRy-manier
  • ROAD TO HELL Vyf jaar gelede was Ali van Wyk ’n passasier, maar nou is hy terug om die pad self te gaan ry
  • ZIMBABWE Die Matopo’s, Groot-Zimbabwe se ruïnes en die Nyanga Nasionale Park is skaars ’n dagreis van mekaar af – en toeganklik vir almal
  • TOERUSTING As jy die basiese beginsels van batterye onder die knie het, is jou kop deur
  • WERKSWINKEL Ons gee al weer ’n bakkie weg! Kyk hier hoe kry die Hilux ’n wenas om uit die verknorsing te kom
  • SELFDOEN Die ryhuis agterop ’n Amarok-enkelkajuit slaap lekker, toer lekker en het ’n naam en ’n half
  • MY RYDING As jy vier kinders het en in ’n Troopie wil toer, is daar net een raad – sit nog ’n deur in
  • MOTORFIETSE DEUR AFRIKA Op pad van Dar es Salaam na Kaapstad kry jy brûe, en dan kry jy brûe waarvoor jy hare op jou tande nodig het
  • LESERSTORIE As jy Lesotho met sneeukettings aandurf, kan jy jou maar gereed maak vir ’n paar herwinnings
  • 4X4-ROETE Die Damon-4×4 naby Worcester is dalk nie hardebaard nie, maar die uitsigte is iets om oor huis toe te skryf
  • FOTO-MECHANIC Waar plaas jy jou horison – hoog, laag of in die middel?
  • BOSKOS Laat die koekblikke kreun en hou die troepe gelukkig
  • STOFPADSTORIES As daar nie vroue by is nie, kan jy maar drie dae lank die messe en vurke skoonlek…