WegRy #42 | September 2012

WegRy #42 | September 2012

R31


  • RYGOED Wie se spiere bult die hardste: die FJ Cruiser of die Jeep Wrangler? Ons ry ook ’n nuwe Fortuner
  • 4×4-AKADEMIE Kry jou 4×4-papiere op die WegRy-manier
  • SWAZILAND Skiet ’n slag deur na ons piepklein buurland en kyk ’n renoster in die oë
  • BAVIAANSKLOOF Kan ’n mens moeg raak vir dié kloof der klowe? Slaap dié keer in ’n goed ingerigte grot
  • NAWEEK Die Hantam het nie net blomme nie – die mense is ook gasvry en jy eet vleis tot dit by jou ore uitloop
  • TOERUSTING Die hoeveelheid banddruktoestelle op die mark kan jou laat skeel kyk, maar ons skei die kaf van die koring
  • WERKSWINKEL Ons gee ons derde bakkie weg! Kyk hier hoe kry die Hilux ’n toestel om roes teen te werk en lang vingers te stuit
  • SELFDOEN Het jy altyd gedroom van ’n kamplig wat met ’n afstandbeheer werk? Dis nie so vergesog nie
  • MY RYDING Dié Ford Ranger is lekker ingerig en as jy sy eienaar nie keer nie, ry hy nog maan toe daarmee
  • LESER VERTEL Een vir almal en almal vir een. Dié Wes-Randse toergroep is bloots gery met die ongeluk, maar het saam anderkant die Zambezi uitgekom
  • 4X4-ROETE Bergkraal naby Vredendal is nie ’n katjie om sonder handskoene aan te pak nie
  • FOTO-MECHANIC Geduld tydsberekening = goeie natuurfoto
  • BOSKOS Jy kan duisend kilometer van die naaste deli wees en steeds soos ’n koningsgesin in die boendoes eet
  • STOFPADSTORIES Nes jy dink jy is ’n held in die veld, leer die natuur jou ’n wrede les

Plus: Gratis uithaal-en-bêrekaart van die Suid-Namibië: Roetes wat Roep #21