WegRy #41 | Augustus 2012

WegRy #41 | Augustus 2012

R31


 

  • RYGOED Die Mazda CX-5 het die mark met ’n knal getref, die Mercedes M-klas is suinig met die sous (nee, ons jok nie), die Citroën Aircross bied goeie waarde vir geld en die Triumph Tiger is ’n kragtige groot avontuurfiets
  • 4×4-AKADEMIE Kry jou 4×4-papiere op die WegRy-manier
  • NOORD-MOSAMBIEK Dis nie meer so ’n gedoente om in die onontginde noorde van ons buurland te kom nie
  • OOS-KAAPSE KAROO Dié stiefkind van die Karoo is een van die mees onderskatte dele van die land
  • NAWEEK As jy ’n gids inlaai en in Kamieskroon se omgewing ry, gaan jy ordentlik baie blomme sien
  • TOERUSTING Watter 4×4-gereedskap moet jy saamvat op ’n ekspedisie diep in die bos? Ons het met kenners gepraat.
  • WERKSWINKEL Ons gee ons derde bakkie weg! Kyk hier hoe kry die Hilux nuwe bande en vering
  • SELFDOEN (DEEL III) Die restourasie van ’n Land Rover Series III toets jou geduld – ’n jaar en ’n half lank
  • MY RYDING Is dit ’n Patrol? ’n Hardbody? Of dalk ’n Corvette?
  • LESER VERTEL Ja, dis moontlik om ’n gesin van vier in ’n Jimny in te pas én die Namakwa-ekoroete te ry
  • 4X4-ROETES Breek ’n slag weg na Zevenfontein naby McGregor en Loch Maree naby Askam
  • FOTO-MECHANIC Só neem jy ’n kampvuur ordentlik af
  • STOFPADSTORIES Jy kan hoeveel keer lees oor ’n plek, maar niks kom by die ware Jakob nie…
  • BOSKOS Swoeg by die huis en eet lekker in die boendoes