WegRy #40 | Julie 2012

WegRy #40 | Julie 2012

R31


 

  • RYGOED Ons ry sommer in ’n klomp goed – die Renault Koleos, die Ford Cuga, die SsangYong Korando, die Jeep Wrangler (ons langtermynvoertuig) en blits rond op die Honda Crossfire
  • 4×4-AKADEMIE Kry jou 4×4-papiere op die WegRy-manier
  • NAMIBIË/KAOKOLAND Dis droog, maar jy moet eenvoudig kom
  • TANZANIË Dié land het veel meer parke as net die Serengeti. Ons bekyk die swaargewigte en die liggewigte (wat glad nie so lig in die broek is nie)
  • TOERUSTING Jy sal twee keer na hoede en musse kyk ná jy hier gelees het
  • WERKSWINKEL Ons gee ons derde bakkie weg! Kyk hier hoe kry die nuwe projek lyf
  • SELFDOEN (DEEL II) Kyk hoe takel twee vriende die bakwerk van ’n Land Rover Series III wat tot die tande toe gerestoureer is
  • MY RYDING Dié Kia Sportage is dalk ’n buksie, maar hy laat kyk groter 4×4’s op hulle neus
  • LESER VERTEL Op pad na een van die mees afgeleë plekke in Namibië is die verkeerde plek om op jou vrou se verkeerde knoppie te druk
  • 4X4-ROETES Het jy al Tafelkop naby Montagu en Stoney Ridge naby Colenso afgemerk op jou 4×4-rylys?
  • FOTO-MECHANIC Dís die bestanddele van ’n uitstekende foto
  • BOSKOS Maak maalvleis vooraf en maak jou lewe in die bos maklik

Plus: Gratis uithaal-en-bêrekaart van die Swaziland: Roetes wat Roep #20