WegRy #39 | Junie 2012
WegRy #39 | Junie 2012

WegRy #39 | Junie 2012

R31


  • RYGOED Dis nie net die Britse koninklikes en Posh Spice wat met die Range Rover Evoque ry nie. Ons ry ook oor ’n paar klippe in die Jeep Wrangler Rubicon
  • RICHTERSVELD As jy dié droë en interessante plek wil besoek, moet jy eenvoudig hier lees | As jy met ’n kenner hier ry, gaan jy soveel meer raaksien
  • NOORD-KENIA Alles loop nie altyd reg vir die Voetspore-span nie – maar dit bly ’n avontuur
  • NAWEEK Ons ry twee lekker roetes in die Olifantsriviervallei naby Citrusdal
  • 4×4-AKADEMIE Kry jou 4×4-papiere op die WegRy-manier
  • TOERUSTING Hier is nou interessante toiletleesstof
  • SELFDOEN Twee skoolvriende haal ’n Land Rover Series III van kop tot tone uitmekaar – kyk hoe word dit gedoen
  • WERKSWINKEL Kyk en leer by die kenners hoe ’n mens ’n aluminiumkappie bou
  • MY RYDING Dié Jeep is een van daai voertuie wat jou kop drie keer laat draai
  • LESER VERTEL Ja, jy kan van Durban Johannesburg toe jaag op die N3, maar jy kan ook oor die Bezuidenhoutspas ry
  • LESER VERTEL Noord-Namibië net ná ’n verwoede reënseisoen gaan jou aanpasbaarheid tot die uiterste beproef
  • 4X4-ROETE Ons skryf vir niemand voor nie, maar ons reken dis tyd dat jy by Papkuilsfontein naby Nieuwoudtville uitkom
  • STOFPADSTORIES As jy ’n 1981 Datsun Safari koop – drie jaar jou senior – kan jy maar net hoop vir die beste
  • FOTO-MECHANIC Villiers Steyn wys stap vir stap hoe jy ’n goeie foto in ’n wenner kan omskep
  • BOSKOS Spaar ’n bietjie op jou boskosrekening en sit by jou brandstofrekening