WegRy #27 | Mei 2011

WegRy #27 | Mei 2011

R31


  • LESOTHO | Oeps, waar’s die pad? In Lesotho vertel die beste GPS en padkaart nie die volle verhaal nie.
  • ANGOLA | Die Swart Rotse, ‘n gróót grot en nóg groter waterval lok jou na die noordweste van dié land.
  • TOERUSTING | Dis nie nodig om die hele kombuis saam te vat bos toe nie, maar met dié kookgoeters gaan dit beslis lyk of jy weet wat jy doen
  • WERKSWINKEL | WegRy se Hilux kry sy eerste hardekwas-ombouing: ‘n kwaai bosbreker.
  • SELFDOEN | Kyk, dié ingeboude kombuis gaan nie ‘n prys op ‘n ontwerpskou wen nie, maar dis nuttig
  • RYGOED | Ons ry die miljoenêrs-Range Rover Sport, die knap Jeep Wrangler en die ewe bekwame Subaru Forester-diesel.
  • NOORD-KAAP | Tussen die Namakwaland en die Kalahari kan jy ‘n klomp goeie grondpaaie ry.
  • 4×4-ROETE | By die Rebellie-roete naby Clarens gaan jy nie meer kan jok oor jou hoogtevrees nie.
  • LESERS VERTEL | Cyril Klopper het nie gedink hy gaan Oujaarsaand so laat in die knyp wees nie.