WegRy #26 | April 2011

WegRy #26 | April 2011

R31


  • TRANSKEI | Ontspan, die wildekus is nog baie wild. Los jou vrese by die huis en gaan ry ‘n slag modder
  • ANGOLA | Kom ry saam met ons deur sentraal-Angola se woude en woestyne, op moderne teerpaaie en deur reuseslaggate…
  • TOERUSTING | Jy kan ‘n strop of ‘n klamp koop om enigiets onder die son vas te maak. Ons skei die kaf van die koring
  • RYGOED | Die Land Cruiser is 60! Ons kyk ook na die nuwe Cayenne-familie en die BMW R1200 GS 30-jaar-motorfiets
  • WERKSWINKEL | WegRy se Hilux loop nou lekker en die agter-diff jodel nie meer soos Bles Bridges nie
  • SELFDOEN | Maak self ‘n glystaaf, en spaar ‘n hele langnaweek se weggaangeld
  • NAWEEK | Ken jy van sandry en stilte? Die Weskus is nog ongerep (wel, grootliks…) en jy ry lank voor jy ‘n ander kar teëkom
  • 4X4-ROETE | ‘n Dag is nie genoeg vir Marcuskraal in die Sederberge nie – en die kampplek alleen is al genoeg rede om te gaan
  • MY RYDING | Renier de Jongh het sy Pajero in ‘n praktiese kampvoertuig omskep

Plus: Gratis uithaal-en-bêrekaart van Oos-Mpumalanga: Roetes wat Roep #13