WegRy #25 | Maart 2011

WegRy #25 | Maart 2011

R31


  • ANGOLA | Die Drakensberg look soos ‘n lammetjie teen dié land se vrugbare vlaktes en dramatiese platorande
  • NAWEEK | Kom bietjie weg daar uit Port Elizabeth en seil op ‘n paar grondpaaie rondom Salem
  • VERGETE GROOTPAD | Jy het die kortste pad na die noorde heeltemal vir jouself
  • RYGOED | Wat’s die beste: petrol of diesel? Ons ry ook die Jeep Grand Cherokee, die Subaru Outback Diesel en die BMW X3
  • TOERUSTING | Ons het al die regte vrae gaan vra oor dakrakke
  • WERKSWINKEL | Die Fortuner 1 se vering voel ná ‘n lang proses net soos dié van ‘n Cruiser
  • SELFDOEN | Dié paar treeplanke kan ‘n pak vat
  • MY RYDING | Met hierdie Land Rover 101 Forward Control kan jy omtrent maan toe en terug ry
  • POLAI | ‘Nog nooit was ek so dankbaar oor ‘n heining tussen my en ‘n leeu nie’
  • LESERS VERTEL | Wat ‘n vier uur lange uitstappie moes wees, het in ‘n tien uur lange nagmerrie ontaard
  • 4X4-ROETE | Geniet die stilte van die bos – en drie van die Groot Vyf – ‘n klipgooi van die stad
  • BOSKOS | Met dié resepte hoef jy net aartappels (en vleis) saam te vat bos toe
  • STOFPADSTORIES | Fietse (en hul ryers in die stywe broekies) is glad nie so onskuldig as wat hulle lyk nie

Plus: Gratis uithaal-en-bêrekaart van die Suid-Kaap: Roetes wat Roep #12