WegRy #22 | November 2010

WegRy #22 | November 2010

R31


4 ALI SÊ 4×4-mense hóú van die internet!

6 DIE VOETSOLDATE Ontmoet die gelukkige kêrels wat Afrika platry én daaroor skryf

8 BRIEWE ’n Eerlikheidswinkel – met bier! – in die middel van die Karoo

14 BOSNUUS Gaan die nuwe “groen” belasting dubbelkajuitbakkies duur maak en ons almal bankrot?

16 NUWE RYGOED Ons vergelyk die VW Amarok met die Hilux, Isuzu en Navara, ry die GWM Steed en ’n Defender

28 NAWEEK Volgende keer as jy by Beaufort-Wes ry, bly twee aande oor – hier’s meer op die dorp as net pies, koeldrank en Chris Barnard …

34 KUBU-EILAND Ons vriend James Gifford het amper verdwaal op pad na die pragtige Kubu-eiland. Kom lees hoe ’n mens daar uitkom

42 BOESMANLAND EN KHAUDUM Die mees afgeskeepte deel van Namibië is een van die laaste ware wildernisse

52 TOERUSTING Kopflitste en LED-strokies het nie heeltemal oorgevat nie. Elke ordentlike 4×4 het ’n goeie lang flits nodig

56 SELFDOEN Bou jou eie bosbreker, soos Nico Blokdyk gemaak het. Dis glad nie so moeilik nie

58 WERKSWINKEL Só word ’n langafstandbrandstoftenk stap vir stap geïnstalleer

60 MY RYDING Van Switserse brandweerwa tot toertrok: dié Mercedes-Benz 310-4×4 toer heel lekker deur Afrika, dankie

64 LESERSAVONTUUR Epiese tog: Die vis het nie so goed gebyt nie, maar die twee broers weet nou waar Kapirinengu in Zimbabwe is

70 BOEDAPEST-TOT-BAMAKO Van -12 ºC tot 42 ºC in twee weke – die ‘Arm Man se Dakar’ is nie vir sissies nie

76 4×4-ROETES Ons ry drie roetes – De Wildt, ’n klipgooi van Pretoria, Minwater by Oudtshoorn en die Renoster-ekoroete in Mapungubwe

108 BOSKOS As jy in Afrika toer, maak ’n slag kos met “uitheemse” bestanddele

110 STOFPADSTORIES As jou lip weer lank is by ’n grenspos, steek eers net hand in eie boesem