Maart 2014

#113 Maart 2014

R33

Die beste van die Blyde

6 in voorraad


BLYDERIVIER François Haasbroek het sy geheuekaart gaan volmaak op een van die mooiste roetes in SA, die Panoramaroete. En ontmoet toe die wêreld se lelikste hond
SPERRGEBIET ’n Kwarteeu gelede is Dolf Els en ’n paar vriende sak en pak na die Sperrgebiet in Namibië om ’n diamantfortuin te gaan soek
SERENGETI Droom jy daarvan om die wildebeesmigrasie te gaan kyk? Hier is alles wat jy nodig het om te weet voor jy die Fortuner pak
VOLKSPELE Willem van der Berg het sy nekdoek styfgetrek, langs ’n niggie ingeval en geleer Afrikaners is (stééds) plesierig
EN TOE BREEK DIE AARDE OOP… ’n Tristaan vertel van die dag in 1961 toe ’n vulkaniese uitbarsting sy eiland onherroeplik verander het
FOTOPORTEFEULJE Vir die meeste van ons is die Karoo net ’n leë plek, maar vir die legendariese fotograaf Obie Oberholzer is dit sy hartsplek
MENSE SE LENSE Só lyk die wenfoto wat die groot prys van R30 000 losslaan in ons lesersfotokompetisie
DONKERKAMER Wanneer skiet jy in kleur, wanneer in swart-wit en wanneer in monochroom? Toast Coetzer gee raad
TOERUSTING Koelboks koop is soos lewensmaat kies: Dit moet betroubaar wees en koel bly in die hitte van die oomblik. Só kies jy… die koelboks
WIELE Die nuwe Toyota Prado lyk dalk so ietwat anders, maar, meen Marnus Hattingh, hy is steeds koning in die veld
KUIERKOS Die nederige mielie is ’n veeldoelige kalant – hier is ses maniere waarop jy ’n mielie in die kombuis kan kielie
KAMP by Umtentweni in KZN, maar moenie jou seilplank en strandsambreel vergeet nie
PROE port en wyn op Calitzdorp of doen een van hierdie ander ses lekker goed in die Klein-Karoo
RY die R345 tussen Cathcart en Alice. Dis so groen, Lord of the Rings kon netsowel hier afgespeel het
STAP of ry fiets of kyk na dierekuttels by die piepklein Vrolijkheid-natuurreservaat digby McGregor
VERKYK jouself aan Heidelberg (die een in die Kaapprovinsie) se kampioenpampoen