#111 Januarie 2014
#111 Januarie 2014#111 Januarie 2014

#111 Januarie 2014

R33

’n Nuwe jaar, nuwe dinge.

15 in voorraad


TSITSIKAMMA Die lekkerste 12 doendinge in dié streek van woude en riviere – snorkelduik, tjoepry en foefieslaaid, of sit agteroor en geniet ’n koue bier
DIE UNIEKSTE BADPLEK Kom stoom saam met honderde ander kampeerders op die Shu Shueiland in die Tugelarivier
KINGDOM TRAILS Stap wild langs die Wilge- en Olifantsrivier, skaars twee uur van Pretoria af
DIE WÊRELD SE MEES AFGELEË EILAND Wat gebeur alles op Tristan da Cunha? Toast Coetzer het op die SA Agulhas geklim en gaan uitvind
DRAKENSBERGSE STAPDRAMA Vyftien stappers takel die Draak, maar net 13 maak klaar…
FOTOPORTEFEULJE Heinrich van den Berg het in Namibië by Sesfontein se Herero’s gaan kuier (en foto’s geneem)
KUIERKOS Bak beter potbrood as jou ouma (en knoffelbrood en appelbrood en pizza en…)
ONS TOETS Watter van hierdie 12 koffieflesse hou jou boeretroos die langste warm?
WIELE Maak ’n sypaadjie skrik met die EcoSport, Ford se nuwe kompakte nutskar
KAMP in Morganbaai se kampterrein, waar jy sommer voor jou tent sit en visvang
RY die Robinsonpas en sien hoe die Tuinroete Klein-Karoo word
KYK swarttobies, pelikane en flaminke by Rocherpan in die Kaapse Weskus
WIEG op ’n olifant in die Waterberg – en vyf ander lekker doendinge
VANG vis by Witsand langs die Breërivier, maar pasop, die haaie steel jou aas
TOAST AAN DIE WOORD As die stadslewe jou begin wurg, vat ’n dosis tweespoorpaadjie, sê Toast Coetzer
AFRIKA OP SY BESTE Só lyk die Malawimeer van bo én onder die water