#110 Desember 2013

#110 Desember 2013

R33

14 in voorraad


ORIBI-RAVYN Erns Grundling swaai deur die Oribi-ravyn, soek ape by die Samango-waterval én draai by Afrika se hoogste long drop!

VAKANSIEPRET VIR DIE GESIN ’n Mens kan net soveel keer vir die kinders sê om deur die sproeier te hardloop om hulle besig te hou. Hier is 43 plekke waar die kroos (én jy) kan besig bly.

DIS KARNAVALTYD! Toast Coetzer gaan kuier op Thabazimbi by die Apiesdoring-karnaval, waar die tafels onder vleis kreun en mense soos leeus brul.

SNEEULUIPERDS Eendag was daar ’n eierboer wat ’n sneeuluiperd in die Himalajagebergte wou afneem… Hier’s sy storie.

TOERUSTING Is jy al raadop gesoek na ’n geskenk vir jou swaer, skoonpa of tienerdogter? Hier is 49 skitterende idees vir die Kerskous.

KUIERKOS Aletta Lintvelt se Kerskampspyskaart sal almal gelukkig hou – hier is van warm skaapboud tot koue koffiepoeding.

KLEIN EN ONBEKEND Die Ndumo-natuurreservaat in KwaZulu-Natal is vir voëlkykers wat Loftus vir Blou Bul-ondersteuners is.

SES VAN DIE BESTES By die Crags net buite Plet kan jy eksotiese voëls kyk, op ’n olifant ry én wynproe.

DORP VAN DIE MAAND Het jy geweet Bonnievale is Breyten Breytenbach se geboorteplek én het ’n perd ereburgergerskap gegee?

ZELDA AAN DIE WOORD Ouderdom en geld is net syfers. As jy régtig wil reis, sal jy jou nie aan sulke dinge steur nie, sê Zelda J. van Vuuren.