#104 Junie 2013

#104 Junie 2013

R33

10 in voorraad


Weg #104 Junie 2013

Inhoud:
29. KAMP DIT UIT: Lus vir ’n Weskuskamp in die winter? Het jy al gehoor van Blougat, sowat 70 km noordwes van Lutzville?
30. PASSE, POORTE & PAAIE: As jy weer op die R62 deur die Klein-Karoo ry, móét jy eenvoudig afdraai by Seweweekspoort.
32. RESERVAAT Bloemfontein is nie net die tuiste van mooi hardlooprugby nie – die Vrystaatse botaniese tuin is nóg mooier.
35. DORP VAN DIE MAAND In die hartjie van die Swartland lê Riebeek-Kasteel. Proe wyn, olywe en kwaaijongens.
42. GARIEPDAM Kom roei op Suid-Afrika se grootste dam. Hier voel jy so alleen soos David Kramer op ’n Saterdagaand.
46. LANGPADWENKE: Hou sorgvry vakansie én klink slim om die kampvuur met jou rate. Ja, dis al die bestes wat Weg oor die jare heen versamel het!
58. ZIMBABWE: Lus om die enigste toeris iewers te wees? Mik vir die Oostelike Hooglande van ons noordelike buurland, skaars ’n dagreis van Gauteng af.
64. SLAGVELDROETE: Op die uitgestrekte vlaktes tussen Kimberley en Bloem kry die verlede weer lewe. Kom ry saam.
88. TOERUSTING: Die winter is op ons. Gee die koue ’n snotklap met dié klere wat gemaak is vir lae temperature.
94. (TWEE) WIELE: Die BMW K1600GT-motorfiets het Cyril Klopper omgeboul – dié bike is byna foutloos.
98. KUIERKOS: Hoe maak ’n mens goeie wors? Ons het by ’n paar groot kanonne gaan afkyk.
104. SES VAN DIE BESTES: Hier is ons land se uitskieters: die koudste plek, die hoogste boom, die eensaamste pad…
111. HIMALAJAS: ’n Leser klim op sy Royal Enfield-motorfiets en ry die wêreld se hoogste bergpasse plat.
140. PROFIEL: Erns Grundling gesels met Doc Immelman, in een van sy laaste onderhoude voor sy dood.
144. ANNIE AAN DIE WOORD: Neef Jas leer dat as Boere-karma slaan, slaan hy séér.