010719WYM001

Weg! Stapgids 2019

R70


Weg se heel eerste Stapgids is nou beskikbaar en propvol stories en wenke oor van Suid-Afrika (én twee buurlande!) se beste staproetes. As jy nog altyd een van die grotes soos die Otter, Visrivier-canyon of Amatola wou aanpak, maar ’n laaste bietjie motivering kort – hier’s dit nou. Ons kry toerustingwenke by die kenners, kyk waar jy met jou hond kan gaan stap en deel Weg se twintig gunsteling-dagstappe. Jy leer ook hoe om jou rugsak gerieflik te pak, watter pleisters en salfies régtig nodig is en hoe om die lekkerste stapkos nóg te maak! Kom stap saam – jy weet jy wil.