RebewyWRS001

Weg Ry & Sleep: Kry jou sleeprybewys

R65


Bekommerd oor jou sleeprybewys? Kom ons help jou!

 

As jy ’n wa swaarder as 750 kg met jou Kode B-rybewys sleep, gaan jy een of ander tyd jou rieme styfloop met ’n wetstoepasser. Die sleepregulasies stippel dit duidelik uit. Jy het minstens ’n EB-rybewys nodig as jy enigiets swaarder as 750 kg wil sleep. Met dié nuttige gids vertel ons jou presies wat jy kan verwag wanneer jy aansoek doen om jou sleep­rybewys – van die leerlingrybewys tot die padtoets. Ons het dit self gedoen en het heelwat wenke om met jou te deel.