Vang7
Naweek Weg met WegOntspan2PretCampsite-6-2F-A4emb

Naweek weg met Weg

R950


Die Weg-span nooi jou na ’n naweek propvol pret saam met ons skrywers en fotograwe. Kom kamp saam op die oewer van die mooi Holslootrivier buite Rawsonville in die Wes-Kaap. Ons bied werkswinkels aan oor hoe jy jou volgende Namibië- of Botswana-vakansie moet aanpak, en help jou om ’n beter fotograaf te word. Daar sal ook oorgenoeg tyd wees om te gaan stap of bergfiets te ry, of net te sit en ontspan rondom die kampvuur.

R950 is die basiese koste van die hele naweek. Bespreek jou plek deur nou n kaartjie te koop en ons sal jou terug skakel om uit te vind saam wie jy kamp en of jy jou eie tent of woonwa saambring.

Jy kan ook een van ons verblyfopsies kies: http://preview.weg.netwerk24.com/TOERE/kom-kamp-saam-20170612

Kontak Donvé Myburgh om een van die verblyf opsies te bespreek: 021 443 9830; donve.myburgh@media24.com