Front Angle Right
Folded In BagFolded HalfIMG_2969Trolleyfolded

Jolly Trolly

R3,000


Die Jolly Trolly is nuut in Suid Afrika en ons kan nie wag dat oud en jonk voorgestel kan word aan hierdie produk nie. Hierdie maklik voubare trollie kom standaard met handige sakke en genoeg ruimte om daaglikse uitstappies, inkopies, feeste, markies, naweek uitstappies, sport byeenkomste, werkies in en om die huis en strand uitstappies sommer met pure pret aan te durf. Gebeur dit dikwels dat jy goedere moet karwei en jou hande is oorlaai? Die Jolly Trolly kom tot die redding. Haal dit net uit jou voertuig of kas, vou dit oop en jy is reg om die taak op hande aan te durf in 2 sekondes. Dit vou ook op in net 2 sekondes. Kinders geniet hierdie prettige trollie, laat hulle net inspring om die rit te geniet of laat hulle mekaar sommer rond trek.

Spesifikasies:

Mates | 76cm x 56cm x 22cm

Verpakking| Volledig

Raamwerk Materiaal|Staal

Canvas Materiaal| Dubbel Oxford (weerstand teen merke)

Voorste Wiel Tipe| Draai aksie wiele met remme

Agterste Wiel Tipe| Enkel wiele

Kapasiteit| 65kg

Netto Gewig| 12.1kg

Gross Gewig| 13.1kg

 

 

Additional Information

Kleur

Army groen, Blou, Kamoefleer, Pers, Pienk, Rooi