011216WKM001

Kampkos 2016

R55


Die smaaklikste en maklikste resepte uit WegSleep, WegRy en Weg oor die afgelope ses jaar verskyn in die eerste uitgawe van Kampkos

Min dinge in die lewe is lekkerder as ’n aand onder die sterre met vriende en familie rondom ’n kampvuur – en natuurlik goeie kos om die kuier nóg geselliger te maak. Of jy nou iets op die rooster wil gooi, ’n potjie maak of die oondjie in ’n selfsorgplek gebruik, Kampkos het meer as 100 watertandresepte vir elke geleentheid of gaarmaakmetode.