Agterpaaie DVD

Weg Agterpaaie

R120

683 in voorraad


In die gewilde TV-reeks Weg Agterpaaie Namibië (soos gesien op Via, kanaal 147 op DStv) neem die gesoute joernaliste Erns Grundling en Toast Coetzer die kyker saam na van Namibië se mooiste plekke en interessantste karakters. Nou kan jy weer elke episode kyk op dié dubbel-DVD-stel – dit bevat al 13 oorspronklike episodes. Met Weg Agterpaaie Namibië se DVD-stel in jou huis kan jy enige tyd ontsnap na die ooptes en hartlikheid van ons gunsteling-buurland. Hierdie is ook die perfekte geskenk vir jou Afrikaanse vriende oorsee wat terugverlang na Afrika: stof in die neus, oë wat skrefies trek teen die son op die pad, én ’n lied in jou hart vir hierdie landskap waarvoor ons so lief is.