WegSleep Selfdoengids

WegSleep Selfdoengids 2014

R55


Wenke, projekte en praktiese idees vir woonwaslepers en kampeerders

Met vanjaar se spesiale uitgawe gaan WegSleep ’n bietjie ghries onder jou naels kry. Die WegSleep Selfdoengids is ’n versameling van die beste selfdoenplanne en projekte uit die afgelope sewe jaar van WegSleep se bestaan. Dit bevat stap-vir-stap aanwysings en sketse om jou te help met dinge soos hoe om jou eie kampkombuisie aanmekaar te timmer, of hoe om ’n gewone sleepwa in ’n ordentlike kampwa te omskep. Jy hoef nie ’n graad in meganiese ingenieurswese te hê om die projekte baas te raak nie – hier’s iets vir almal.

 Die Selfdoengids sal van 30 Julie 2014 af in alle groot supermarkte en winkels beskikbaar wees, maar jy kan nou al jou eksemplaar bestel om seker te maak jy loop hom nie mis nie.