Hengelgids

WegSleep Hengelgids 2015

R49.90


Die 2015 WegSleep Hengelgids is eersdaags te koop. Dié breedvoerige gids bevat inligting oor 50 uitgesoekte kampplekke waar jy jou tentpenne kan inkap en ook jou vishoeke kan ingooi.

Dit sluit varswateroorde en kusoorde in en is toegelig met kaarte wat die uitleg van hierdie oorde aandui, sowel as aanwysings, kontakinligting en vele meer.

Die gids bevat ook breedvoerige inligting oor Suid-Afrikaanse hengelvisse met kleurryke sketse en beskrywings van waar die vis voorkom, gedrag, broeipatrone en nog meer.

Klik hier vir die digitale weergawe.