Namibie 2015

Weg Namibie 2015

R48

197 in voorraad


132 BLADSYE OOR 200+ BLYPLEKKE ,KAARTE, GRENSPOSTE, GPS-PUNTE, DOENDINGE  EN WAAR OM TE EET!

Ons jaarlikse Namibië-gids is al ’n instelling vir liefhebbers van die dorsland!

Die akkommodasiegids is vanjaar groter as ooit tevore: meer as 200 plekke van die verste hoek van die Caprivi tot Oranjemund in die suide word gelys.

Hierdie jaar se artikels sluit in ’n Namibwoestyn 4×4-toer, ’n opsomming van die beste restaurante in Swakopmund en Walvisbaai,die dinge wat gebeur by die Grootfonteinskou (min of meer enigiets…) en wat om te doen in Windhoek.

Daar’s ook reisdagboeke van o.a. ’n groep visvangvriende teen die Skedelkus noord van Henties, twee vriende wat motorfietsry deur die wilde noorde van die land, ’n jong paartjie wat kaalvoet (!)

duimgooi van Sossus na Outjo en twee ouer egpare wat Damaraland,Kaokoland en Etosha makmaak op hul eie manier.

Ons gee jou ook ’n rugsakpaklys vir die Visriviercanyonstaproete,en ons gesels met van Namibië se kleurvolste karakters, van lodge-eienaars en radiopersoonlikhede tot grafittikunstenaars en duingoggakenners.

Weg Namibië 2015 sal teen 1 April op die winkel rak wees, bestel joune by ons om te verseker jy het ‘n gids.

Klik hier as jy Weg Namibië 2014 wil bestel