Weg Namibie 2012

Weg Namibie 2012

R40


Hierdie is die derde uitgawe van die gewilde Weg Namibië.
Daar is so baie om te doen en sien in Namibië dat ons elke jaar móét terugkeer! Ons bekende spesiale uitgawe oor dié land wys soos gewoonlik die weg vir enigiemand wat graag Namibië toe wil reis. Op die blaaie van Weg Namibië 2012 sal jy die mense van die land leer ken: die boere, kampeienaars, toeriste, sportmense, natuurbewaarders, reisigers – die mans en die vrouens wat dié plek so ’n lekker vakansiebestemming maak. Deur hulle oë wys ons jou die 100 beste plekke waar jy moet kuier; dorpe, streke, restaurante, agterpaaie, kampplekke, wildkykroetes, uitkykpunte, vakansieaktiwiteite en nog soveel meer.