Weg Kuierkos 2013

Weg Kuierkos 2013

R42

25 in voorraad


Die vierde uitgawe van Weg Kuierkos is op pad – bestel hom sommer nou al!
Jy kan al begin uitsien na die vierde uitgawe van Weg Kuierkos – dié slag spog hierdie spesiale uitgawe met meer as 150 bekostigbare en maklik doenbare geregte.

Buiten hope resepte en idees om jou vakansie nóg lekkerder te maak kan jy ook dié jaar uitsien na ons spyskaarte en paklysies wat spesiaal ontwikkel is vir naweekwegbreke en kampvakansies. Daar is ook peuselkos vir baie mense, boendoekos vir daardie vakansies vér van alles af, brunch én lekker poedings (met ’n skopdop) om vriende te trakteer.
Daar is ook ’n spesiale afdeling met vinnige en maklike braai- en eenskottelgeregte om honger kinders stil te hou, en selfs ’n spyskaart vir vegetariërs.

Weg Kuierkos behoort teen 25 September 2013 op die rak te wees, maar jy kan jou eksemplaar bestel hier deur die aanlynwinkel om te verseker jy loop hom nie mis nie.