Weg Kuierkos 2012

Weg Kuierkos 2012

R40


Die derde uitgawe van Weg Kuierkos is nogsteeds beskikbaar!

Vanjaar se Kuierkos spog weer met 100 maklike en smaaklike geregte. Hier is hope resepte vir tussendeur-happies vir daardie laaang kuiers op die stoep en blink idees vir wanneer jy met vakansie is en ver van winkels en kombuisgeriewe.
Kuierkos bevat die gunstelingresepte van Weg se kosredakteur Aletta Lintvelt die afgelope jaar: dus is hier oorgenoeg staatmakerresepte met ’n lekker kinkel of twee.

Die tydskrif sluit ook die beste beproefde lesersresepte in wat ons deur die jaar ontvang het. Of dit nou ’n bobaas kampontbyt, nuwe idees vir bykosse by die braai, slim maniere om kos te rek of ’n lekker boendoepoeding is – Kuierkos het ’n resep vir jou.