Weg Kruger 2013

Weg Kruger 2013

R40


Ons het die Krugerwildtuin weer deurkruis, en alles wat jy moet weet voordat jy die kar pak, in die ons jongste 2013 Kruger-gids saamgevat.
Min dinge klop ’n Krugervakansie: Die opwinding daarvan om ’n trop leeus te sien, vroegoggend op ’n wildkykrit te gaan en daarna ’n piekniekontbyt onder ’n boom te geniet… G’n wonder die wildtuin se drumpel word jaarliks deurgetrap nie.
Met dié gids kan jy jou vakansie in detail beplan – ons wys jou die beste wildkykroetes, gee wildkykwenke, verskaf kaarte (afstande ingesluit) en inligting oor elke kamp, plus ’n vasvralys oor die Kruger om die kroos besig te hou.
Daarby kry jy puik natuurfoto’s wat ons van ons lesers ontvang het én wenke om self beter foto’s te neem. En lees die raad van mense wat gereeld in die Kruger vakansie hou.