FullSizeRender 9
FullSizeRender 3FullSizeRender 10

Weg-fotoboek

R500


Weg #menseselense Beste Lesersfoto’s 2017 vat 52 puik landskap- en wildlewefoto’s van 46 verskillende fotograwe saam in ’n duursame 28-bladsy hardebandboek wat enige koffietafel ekstra oemf gaan gee.

Geniet foto’s uit Namibië, die Krugerwildtuin, die Kgalagadi, die Bosveld, die Vrystaat, die Weskus en die Karoo. Hier’s spoggerige foto’s van als: leeu tot luiperd, koedoe tot kameelperd. Volmaan, sonsondergange, tweespoorpaadjies, windpomp, weerlig, treinspoor, sneeu, sand, sebra en kremetart – hierdie is tonele vasgevang deur Weg-lesers danksy ure se gesit by ’n watergat, of kilometers se agterpadry tot by die perfekte plek.

Dis die ideale geskenk vir vriende oorsee wat huis toe verlang, of sommer net om jouself mee te bederf.

Weg se Instagramblad @menseselense gebruik die hitsmerk #menseselense en hierdie foto’s is die gewildste foto’s vir die tydperk van die jaar tussen mid-Oktober 2016 tot mid-Oktober 2017.

Fotograwe wat in hierdie boek verskyn: Erasmé Viljoen, Megan Loftie-Eaton, Dinky Wille, Dirk Uys, Ed Toerien, Derek Savage, Blignault Wienand, Jasmyn Pretorius, Chrismari Batt van der Westhuizen, Brendan Cole, WJ Bruwer, Marius Labuschagne, Rob Southey, Claudette Leppan, Herman Smit, Izak Lyons, Cindy Bester, Johan Mocke, Pieter Dannhauser, Joe Pietersen, Werner Immelman, Merlin Wilsenach, Heinrich Röntgen, Albert le Roux, Francois du Plessis, Adri Botma, Roger de la Harpe, Ruda van Niekerk, Stephen Reeder, Johan Wandrag, Ziggy Lemmer, Lukas Stander, Louis Zeelie, Annika Pieterse, Arno Pouwels, Elmar Thiart, Alfred Thorpe, Gerdehann Pienaar, Jani Smith, Francois Malherbe, Ella Labuschagne, Esmé Tucker, Theo Busschau, Marius Britz, Janco van Eeden en Xenia Ivanoff-Erb.