WEG_BOTSWANA17

Weg Botswana-reisgids 2017/18

R59


Al lankal lus vir Botswana, maar onseker waar om te begin beplan? Die nuwe uitgawe van ons gewilde gids oor Botswana wys jou hoe om te maak – of jy nou ’n gewone kar ry, of ’n 4×4-ou is. Hier’s artikels oor Nxaipan, die Botetirivier, die Kalahari en Tuliblok. Skrywer Willem van der Berg gaan op ’n rowwe rit deur Moremi en die Chobe en Toast Coetzer toer verder noord tot in Zambië om te wys dat jy maklik ook ’n draai in die Kafue kan gaan maak as jy klaar is met Botswana. Ons besoek ook die distrikte van Palapye en Francistown, en deel klassieke wildlewefoto’s van die Choberivier. Weg-kartograaf Franҫois Haasbroek se 9 netjiese pad- en parkkaarte sal jou help beplan aan jou toer. Die akkommodasiegids lys 133 blyplekke (met kontaknommers, pryse en GPS-liggings) regoor Botswana en die aanliggende dele van Namibië (Zambesistreek), Zambië (Zambesirivier, Livingstone, Kafue) en Zimbabwe (Vic Falls). Hier’s ook grensposinligting en reiswenke om jou lewe makliker te maak – ons vertel jou selfs waar in Botswana jy lekker vleis kan koop!