View Cart Product successfully added to your cart.
011114WZM001

“Stories” – die room van Weg, WegRy en WegSleep is hier!

R65

1 in voorraad


‘Stories’ is vir enigiemand wat hou van reis, lees, Afrikaans, grondpad, vassit, biltong, Afrika, padkos, karavane, kampvure, motorfietse, ou karre, beskuit… ag, julle weet, al daai lekker dinge!

Dit bevat 50 van Weg, WegRy en WegSleep se beste rubrieke van die afgelope 5 jaar.

Hier’s stories deur Erns Grundling, Sophia van Taak, Jaco Kirsten, Dana Snyman, Jeanette Ferreira, Jean Meiring, Piet van Heerde, Sven Hugo, Salomé Delport, Dave Pepler, Toast Coetzer, Kees van Dijkhorst, Kobus Prinsloo, Dolf Els, Gerhard Oosthuizen, Johan van Wyk, Buks Barnard, Hennie van Zyl, Zigi Ekron, Willie Roos, Cyril Klopper, Malan van Zyl, Hans de Ridder, Cedric Pieterse, Annie Klopper en Jannie Otto.

Benewens die 50 stories is daar ook 54 van Fred Mouton se legendariese sketse – als versprei oor 148 bladsye in ’n tydskrif-formaat wat perfek is vir saamvat op vakansie, lees op die strand, of sommer net wanneer jy iewers in die kar sit en wag vir jou man wat rondsoek na die perfekte draggie hout vir die braai.

‘Stories’ is die perfekte geskenk vir ’n familielid of vriend – of bederf jouself! (Koop sommer 10 dan’t jy al jou verjaarsdag-geskenke vir die jaar onder beheer…)

 STORIES IS OOK DIGITAAL BESKIKBAAR

KLIK HIER OM STORIES OP JOU SLIMFOON OF TABLET TE LEES

STORIES CROPPED