Weg Kgalagadi 2013

Weg Kgalagadi 2013

R42


In die Kgalagadi-oorgrenspark kry jy die beste van Suid-Afrika én Botswana. En dié wildernisgebied is omtrent so groot soos Nederland!
Dié park is bekend vir sy swartmaanhaarleeus, roofvoëls en mooi woestynlandskappe.
Dis beslis ’n plek waar die gesin lekker kan kom uitspan, en in
dié gids vertel ons alles wat jy moet weet om ’n lekker vakansie in die Kgalagadi te beplan.
Ons gee volledige besonderhede oor die hoofkampe, asook ’n uiteensetting van die wilderniskampe. Ons wys jou by watter watergate die diere hou, watse paaie om te ry en hoe om mooi natuurfoto’s te neem. En dieillustrasies en kaarte sal jou help om jou pad te vind.