Groot 4x4 gids

Die GROOT 4×4 Gids

R45


Om ’n 4×4 te koop is net die begin. Watter modifikasies moet jy daarop aanbring as jy hom in die veld wil gebruik? Watter vaardighede moet jy bemeester? Hierdie en nog baie meer vrae word in detail beantwoord in Die GROOT 4×4-gids, ’n volledige verwysingsbron van 100 blaaie, beantwoord. Beginners sowel as ervare 4×4-bestuurders kan baat by die korrekte inligting. Oor dinge soos die regte herwinningstoerusting, die regmaak van ’n pap wiel, die inhoud jou noodhulptas, die regte prosedure wanneer jy wilde diere in ’n kamp raakloop of die wettigheid al dan nie van daai mooi kolligte in die winkel. Met al die kennis wat jy in Die GROOT 4×4-gids sal opdoen, kan jy en jou gesin makliker, lekkerder en veiliger koers kies bos toe. En dit alles vir net R45.