Gear bag
Grey Escape Gear bag

Weg!Ry&Sleep Escape Gear Reissak

R950

3 in stock


Gear bagGear bagAs Toks ’n sak was… Vergeet sakke van allerhande ritssluiters, kompartemente en oorbodige stroppe – daar is min items so veelsydig en duursaam as ’n ordentlike toksak. Hierdie is een van dáái. Hierdie 65-liter sak is van ordentlike swaardiens-seilmateriaal gemaak, so jy hoef nie te worry om hom vol gereedskap eerder as klere te laai nie. Dit het ’n groot reghoekige hoofkompartement, twee kleiner sakkies weerskante en aan die voorkant. Dit het ’n verstelbare skouerband, stewige handvatsels asook twee rubber kanthandvatsels. Dit is beskikbaar in grys of khaki en dra die WegRy, Drive Out en Escape Gear handelsmerke. ’n Mens moet immers met die regte name geassosieer word…

Additional Information

Kleur

Grys, Khaki