Camera bag
bag 2

Weg!Ry&Sleep – Kamerasak

R520

3 in voorraad


As daar een stuk toerusting is wat sy eie, ordentlike sak verdien, dan is dit jou kamera.

Hierdie sak is gemaak van sterk seil aan die buitekant met stewige wande en ’n sagte binnevoering om jou foto-toerusting te beskerm. Jy kan die kompartemente aan die binnekant verstel om plek te maak vir jou kamera, ekstra lense, kameraflits, batterylaaier en verkyker, nes jy wil.

In die boonste flap is ’n ritssakkie vir dinge soos ’n notaboek en pen of genoeg geheuekaart sodat jy elke rooibok in die Krugerwildtuin kan afneem. In die twee kantsakkies is daar plek vir jou beursie, selfoon en Stuyvesants en in die lang sak voor, kan jy jou voëlboek of ’n opgerolde WegSleep inpak.

Gooi die verstelbare draband oor jou skouer en jy’s gereed vir daai wenfoto van die leeu by die watergat of die luiperd in die boom wat jy nog altyd wou neem – of dalk net ’n kiekie van jou jongste in Margate se branders.

Slegs vanaf Desember beskikbaar. Bestel nou! Alle bestellings wat voor 30 November by ons is, word binne 2 weke daarna afgelewer.