BotswanaWeg/goMpafa/Bhejane

Leer neem voorbladfoto’s!


Wil jy vriende en familie groen van jaloesie maak met jou vakansiekiekies? Kom leer meer oor fotoneem op een van ons werkswinkels – van een dag lank tot ’n ganse naweek van sluiterspoed en ligwenke en fotohoeke. Jy sal ná enige van dié sessies beter toegerus wees; of jy nou met ’n mik-en-druk of D-SLR foto’s neem. Of jy nou gapende leeus in die Kruger wil afneem of jou kleinkind wat leer swem, ons wys jou hoe. Weg se fotoredakteur Shelley Christians bied die eendagskole aan en die beroepsfotograaf Sam Reinders die naweeksessies.

 

NAWEEKSLYPSKOOL

31 Augustus – 2 September 2018, Blesfontein-gasteplaas, Sutherland

 

HOEVEEL

R3 650 p.p. vir die naweek.

 

INGESLUIT

Blyplek die Vrydag- en Saterdagaand op die gasteplaas (die plaas is 40 minute van Sutherland af geleë). Aandete die Vrydag- en Saterdagaand en ontbyt die Saterdag en Sondag.

 

NIE INGESLUIT

Vervoer en middagete die Saterdag.

 

TYD

Die werkswinkel begin om 3.30 nm. Vrydag en eindig om 12 nm. Sondag.

 

Bespreek Nou!

Kontak Donvé Myburgh by 021 443 9830; donve.myburgh@media24.com

*Bestellings moet met Donve bespreek word, nie aanlyn nie.