SONY DSC

Zofa

R699


Dis salig om in die somer op jou rusbank te lê en Protea-krieket kyk op die tiewie. Nóg lekkerder is om reg langs die veld te lê en krieket kyk – op jou draagbare opblaassofa. Of om in die veld onder ’n boom te lê en boek lees, of op die strand, of in die swembad met ’n koue enetjie in die hand. Die Zofa se opsies is legio! Dis maklik om op te blaas. Trek bloot die Zofa deur die lug en binne sekondes het jy ’n gemaklike sit- of lêplek – jy het nie ’n pomp nodig nie. Die Zofa is gemaak van sterk, waterdigte valskermmateriaal. Dis liggewig (net 1,3 kg) en word verpak in ’n netjiese drasak. Dis beskikbaar in groen, swart, blou, rooi, pienk en pers.

 

Watching the Proteas play cricket from the comfort of your couch is what summer is all about. Now you can lie back right next to the field – on this inflatable sofa.

It’s a must-have accessory for the campsite, the pool or the beach. You don’t even need a pump – just drag the Zofa through the air to inflate. The Zofa is made from robust, waterproof parachute material, weighs only 1,3kg and comes with a carry bag. It’s available in green, black, blue, red, pink and purple.

 

Additional Information

Kleur

Swart, Blou, Groen, Pers, Pienk, Rooi