WegRy Braaistel (1)
Braaistel

WegRy Braaistel

R200

120 in voorraad


Braai in ’n sakkie
Het jy al ooit gewens jy het ’n ekstra braaitang, eierspaan en vurk sodat jy nie jou vrou s’n uit die kombuis uit hoef te ‘leen’ as jy gaan kamp nie? Hierdie stelletjie van vlekvrye staal kom in sy eie drasak en sal die vrede in die huis bewaar. Dit is kompak genoeg om sommer onder jou bakkie sitplek te hou vir wanneer daar dalk weer ’n onverwagse braai langs die pad uitbreek en stewig genoeg om selfs neef Buks se Bloubul-steak met gemak om te draai.